HEIDELBERG NUUS - Die plaaslike rolbalklub het Saterdag 28 Mei 'n suksesvolle opedag aangebied met spanne van Barrydale, Ladismith, Riversdal, Riviersonderend, Stilbaai, Swellendam, Witsand en Heidelberg wat in aksie was.
'n Ruim borgskap van SSK het bygedra tot die sukses van die dag.
Witsand het die opedag gewen met Barrydale tweede en nog 'n span van Witsand derde.
Heidelberg-rolbalklub nooi belangstellendes uit om Woensdae en Saterdae om 14:00 by hul klub aan te meld vir oefeninge.
Die klub sal rolballe verskaf en ook hand bysit met die afrigting.
Barrydale het die tweede plek ingeneem. Van links: Johannes Makriga, Kosie Joubert, Lize van Zyl (SSK) en Gert Mills.
Die derde plek is ook deur Witsand ingeneem. Van links: Leon Möller, Jan Storm, Lize van Zyl (SSK) en Radie Rademeyer.
'Ons bring jou die nuutste Heidelberg, Hessequa nuus'