STILBAAI NUUS - Die finale van die rolbal streekkampioenskappe het Saterdag 9 November op die pragtige bane van Stilbaai plaasgevind.
Stilbaai, Riversdal, Ladismith, Witsand en Barrydale het dit uigespook, maar uiteindelik was dit die span van Stilbaai wat met die louere weggestap het.
Die 2024 kampioene is Piet Roodt, Mariana van der Walt, Xenny Yazbek, Marlene Newberry en Willie Schoombee.
Daar was vyf lede in 'n span met driespan en pare wat meegeding het waarna die twee groepe se punte bymekaar getel is om die wenspan te bepaal.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’