HEIDELBERG SPORTNUUS - Dis weer tyd vir die Heidelberg rolbal-krieket toernooi wat Donderdagaand, 7 Oktober om 17:30 by die plaaslike rolbalbaan afskop.
“Dankie aan die manne van die spanne van 2013, 2014 en 2015 wat saamgewerk het om die reëls vir hierdie fantastiese toernooi te verfyn,” sê Sophia Bischoff van die klub.
Dit is vanjaar die negende jaar wat spanne dit gaan uitswoeg vir eerste, tweede en derde plekke.
Die Warriors, Blue Jeans en Cobras het elk twee keer gewen. Die Dolphins en Bowling Stones het elk eenkeer gewen, dus is dit 'n groot vraag wie vanjaar met die louere gaan wegstap.
Alle Covid-19-protokolle sal nagekom word.
'Ons bring jou die nuutste Heidelberg, Hessequa nuus'