STILBAAI NUUS - Vir die eerste keer in Stilbaai-rolbaklub se geskiedenis is een van hul spelers gekies om in die SA meesterskampioenskap as senior mee te ding.
Piet Robbertse is vanjaar uitgenooi om aan hierdie gesogte toernooi deel te neem en het 'n bronsmedalje verower.
Die Suid-Afrikaanse rolbalunie verteenwoordig nagenoeg 29 000 geregistreerde rolbalbalspelers van oor die hele land.
Jaarliks word die spelers wat deur Rolbal Suid-Afrika as die room van die spelers in die land geag word, genooi om in dié kampioenskappe op individuele basis teen mekaar mee te ding.
Dit word dan ook as die mees gesogte kompetisie op die land se rolbalkalender beskou.
Spelers word uitgenooi om in twee kategorieë (ope- en seniors) van 12 spelers elk teen mekaar mee te ding.
Hierdie jaar was dit in Pretoria by die Wingate buiteklub aangebied wat vier rolbalbane het.
'Ons bring jou die nuutste Stilbai, Tuinroete nuus'