Update
RIVERSDAL SPORTNUUS - Die balle sal gedurende die feestyd by Riversdal-gholfklub aanhou rol.
Die klub het egter op 'n klein skaal die jaar se amptelike kompetisies op 'n gepaste wyse halt geroep.
Louw Bester, klubsekretaris en tesourier het gesê streng Covid-19-voorskrifte is Saterdag, 12 Desember toegepas en slegs lede kon die afsluitingsfunksie bywoon.
Die funksie is voorafgegaan met lede wat om die Riversdal SuperSpar/Tops geborgde prys kon meeding. Na spel is wors gebraai en saamgekuier.
Ongeag 'n uitdagende 2020 het die rolbalklub ongekende groei in hul ledetal gesien. Dit het vanaf nege tot 37 lede gestyg. "Ons is baie dankbaar daarvoor en ontvang graag nog nuwe lede in 2021. Almal is welkom om die spel saam met ons in 'n rustige, maar kompeterende atmosfeer te kom geniet," het Bester gesê.
Spel sal gedurende die feestyd voortgaan met sosiale rolbal wat op Woensdae en Saterdae sal plaasvind. "Om getalle te beperk moet besprekings vir spel steeds twee ure vooraf by klubpresident Frans Blaauw (076 184 2305) gedoen word. Geen toeskouers sal toegelaat word nie."
Die klub is reeds ver gevorderd met die beplanning van kwartaalikse borgdae en die gewilde sosiale liga kompetisie wat twee keer per jaar plaasvind. Riversdal-rolbalklub se algemene jaarvergadering vind op Saterdag, 9 Januarie om 14:00 plaas, waartydens 'n nuwe bestuur vir 2021 verkies sal word.
Voor die afluitingsfunksie is daar eers om 'n prys meegeding.
Die wenners van die dag se spel was Christo Bekker, Veronica Enright en Frans Blaauw.
Vorige artikel: Balle rol voor Riversdal-rolbalklub jaar afsluit
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'