Video
STILBAAI NUUS EN VIDEO - As deel van hulle fondsinsameling vir die klaskamerprojek het Laerskool Bertie Barnard op Stilbaai 'n pretvolle Colour Run in Desember aangebied.
Bykans 300 drawwers en stappers het deelgeneem - insluitend klein kindertjies, jong kinders, groot kinders, jongmense, pa's en ma's, oupas en oumas en selfs ook honde met een ding in gemeen, en dit was hope veelkleurige pret.
Selfs voor almal weggespring het, was almal reeds vol poeierkleurstof. By die wegspring het die organiseerder, Mariska van Wyk hulle behoorlik met poeierbomme bestook. Langs die roete het besighede ook seker gemaak dat die drawwers met die borg se kleure bestook word.
VIDEO: Pretdraf in 'n fees van kleur
Die pragtige roete het by die rugbyveld begin, oor die bult hawe se kant toe, regs na Morrispunt en vandaar strandlangs tot by die visvywers, waarna hulle padlangs terug na die rugbyveld is.
Persone wat belangstel of meer inligting verlang oor die skool se klaskamerprojek, kan hul Facebookblad besoek.
Nog voor die wegspring het die organiseerder, Mariska van Wyk gesorg dat almal behoorlik met kleurvolle poeierbomme bestook is.
'Ons bring jou die nuutste Stilbaai, Tuinroete nuus'