Update
MELKHOUTFONTEIN NUUS - Die potspelklub, Powerballs van Melkhoutfontein het Sondag 20 Mei weer vir groot opwinding gesorg met twee agtereenvolgende oorwinnings.
Hulle eerste oorwinning was teen die Risingstars van Albertinia.
Manne soos Hillwin Michiel en Randall du Plessis van Powerballs het hulle teenstanders elkeen 'n sewebord gegee. Powerballs het die wedstryd teen Risingstars met 23-13 gewen.
Michiel is as die speler van die wedstryd aangewys. 'n Spel teen die gedugte Golden Que van Heidelberg het gevolg. Die Heidelbergers het van die begin die wedstryd warm gemaak en gewys waarom hulle as die beste klub beskou word. Hulle het nie rekening gehou met die manne van die kus nie.
Powerball het hard teruggeveg en het koning gekraai met 19-17 teenoor Golden Que.
Volgens Jody Joseph was dit nie 'n maklike wedstryd nie, omdat hulle met SA potspeler, Shasha-Lee Amsterdam van Golden Que moes kragte meet. Ten spyte daarvan het Josephs se span kalm gebly en die vrugte vir hulle harde werk gepluk.
Lees 'n vorige artikel: Powerballs het wenkrag
'Ons bring jou die nuutste Melkhoutfontein, Hessequa nuus'