ALBERTINIA NUUS - Down Town-potspelklub het die afgelope naweek hulle diplomaplegtigheid gehou en sowat 40 spelers het diplomas ontvang.
Volgens die voorsitter, Hendrik Michaels het elke speler van die klub 'n diploma verdien.
Hulle het verlede jaar in die kwarteindronde teen die Koela-potspelklub van Riversdal vasgeval.
"Dit was 'n goeie jaar en die jongspan het gewys wat in hulle steek. Ons het groot planne vir 2018," het Michaels gesê.
Prestasies
Die beste senior speler was Ashchaldo Kiewiet; die beste junior speler was Heinrich Michaels en die sportman van die jaar was Peter-John Joseph.
'Ons bring jou die nuutste Albertinia, Hessequa nuus'