Gallery
STILBAAI NUUSFLITS - Die vierde Kasselshoop Farm Run het Saterdag 26 Mei vir die eerste keer ook ‘n 10 km-roete aangebied, met al die deelnemers wat eers die eerste 5 km-roete moes voltooi voor die langasems ‘n bykomende 5 km, wat uit ‘n nuwe gedeelte bestaan het, ook afgelê het.
Na die heerlike reën die vorige dag, was dit sonnig en warm en 43 deelnemers het die 5 km- en 10 km-roetes op die plaas aangepak.
Harold Basson was die eerste wenner van die 10 km en het dit in ‘n tyd van een uur en vyf sekondes kafgedraf.
Twee dames, Cornelia Giliomee en Annelize King, het saam-saam by die einde aangekom en was die gesamentlike wenners.
Lees meer in Donderdag se Suid-Kaap Forum, asook aanlyn.
Annelize King (links voor) en Cornelia Giliomee (agter) het saam-saam as die eerste dames na die 10 km-ren by die aangekom. Op die foto is Erna Boswell wat aan die 5 km deelgeneem het.
'Ons bring jou die nuutste Stilbaai, Hessequa nuus'