TUINROETE | HESSEQUA SPORTNUUS - Om iets doodgewoon te doen soos om bal te speel, het gedurende die Covid-19-pandemie 'n rare verskynsel geword.
Vanweë die inperking, is kinders deesdae op rusbanke voor die televisie of voor hul rekenaars vasgekluister, wat hul fisieke ontwikkeling skade berokken.
Om aktiewe speletjies te speel is egter noodsaaklik vir vaardigheidsontwikkeling. Net so is sport kern belangrik in 'n kind se ontwikkeling.
In die algemeen, wil ouers toesien dat hulle gesonder, gebalanseerde kinders grootmaak. Van geboorte af is dit die ouer se plig om vaardighede vir 'n kind aan te leer. Sensoriese en motoriese ontwikkeling is van uiterste belang vir 'n groeiende kind.
Helaas is sport in baie huise iets waaraan passief deelgeneem word. Dit word op televisie gesien en kinders word nie sportvaardighede aangeleer nie.
Al presteer nie alle kinders in sport nie, boue buitemuurse aktiwiteite bou kinders se selfvertroue en lei dit tot beter vaardigheidsontwikkeling.
"Gaan speel buite" word dikwels deur baie ouers vervang met "ag, kyk televisie" of "speel rekenaarspeletjies". Rondrol in modder, boomklim en raak-raak-spel is speletjies wat menige hedendaagse kinders nie meer ken nie.
Of dit nou sport, kultuuraktiwiteite of akademie is, alles dra tot kinders se ontwikkeling by. Baie hiervan begin egter by speel. Oorbeskerming plaas stremming op 'n kind se ontwikkeling plaas. Kinders moet egter die geleentheid kry om hulle beperking te toets, terwyl mamma en pappa toesig hou. Dit geld op die sportveld, asook tuis. Die goue reël is egter om elke kind as individu te sien en nie as duplikaat van 'n rugbyheld-pa of superster-tennisspeler-ma nie, maar om die kind te ontwikkel om self sy talent te ontdek.
Vaardighede op 'n skopfietsie aangeleer help met motoriese ontwikkeling, al gaan dit gepaard met 'n paar kneusplekke. Foto: Jannie du Plessis
Antonie Gunther help sy peuter, klein Kol Harris (1 jaar en ses maande) op die speelraam by die Punt in Mosselbaai. Dit kweek selfvertroue en waagmoed by 'n kind waarin 'n ouer 'n belangrike rol speel. Foto: Jannie du Plessis
Wat lyk na 'n woeste geveg is eintlik net twee honde van verskillende eienaars wat tydens 'n stappie by die Punt toegelaat word om met mekaar te speel. Foto: Jannie du Plessis
Selfs hierdie jong dolfyntjie by Voëlklip, Heroldsbaai is nog in die oefenstadium en kon nog nie so sierlik soos sy ouers duik nie. Foto: Jannie du Plessis
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa nuus'