Die spanne wat kragte gemeet het, is Nietverloren en Griekwas (beide van Albertinia), Western Flyers (Heidelberg) en Klipdrifthoogte (Riversdal). Nietverloren het tot die einde deurgedring en die derbyfinaal teen Griekwas met 38-32 gewen. Vir die wenspan, wat hard moes veg om hierdie gesogte trofee omhoog te hou, was Pieter September en Edward Kortje aangewys as die beste spelers van die toernooi.
Western Flyer was in die derde plek deur Klipdrifthoogte te klop met 41-37. Die jongste speler in die wedstryd was Handré Hawick van Western Flyers. Koos Saayman, Piet Witbooi, Fred Karelse, Abel Kortjé, Gilbert Saayman, Jan Lawack, Martin Claasen en Juan Saayman is as klubspelers van die jaar aangewys. Die klubs bedank rdl Charles Prins (medaljes), Renier Adams (sertifikate) en Johan Meyer (brood) vir hul bydraes. (Heinrich Fortuin, korrespondent).
Griekwas neem die tweedeplek in.
Die wenspan vir die tweede agtereenvolgende jaar, Nietverloren van Albertinia. Foto's: Heinrich Fortuin
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'