Die wedstryd het in die St. Lukes saal plaasgevind. Albertinia het sommer van die begin die pap dik aangemaak en die besoekers geen kanse gegee om punte aan te teken nie. Die kaptein, Daniel Prins (Pay), het ook 'n groot bydrae gelewer en daarna het die Karelse-broers, Fred en Johannes, die besoekers behoorlik onder die tafel ingevee.
Daniel Prins (Pay) en Pieter Saayman van Nietveloren is as die spelers van die wedstryd aangewys.
Supersterre het ook met Klipdrift afgereken en hul wedstryd met 49-25 gewen. Sebina Xaluva en Frederick Hermanus is hier as die beste spelers aangewys.
Die bestuur het dit goed gevind om Handry Hartnick van Western Flyers as die jongste spelers aan te wys. Die Albertinianers was in die wolke met die trofee wat vir 'n langtyd by hulle gespook het, maar 2012 was die jaar en hulle beurt om die gesogte trofee omhoog te hou.

Die Western Flyers van Slangrivier.

Nietverloren Domino-klub van Albertinia. Foto's: Heinrich Fortuin.