STILBAAI NUUS - In die eerste twee wedstryde van hierdie toernooi wat oor ses Woensdae strek het die Pannekoeke teen One Hit Wonders gespeel en Thunder Birds teen Berties.
'n Baie sterk wind het soms die bal in snaakse rigtings gedruk, maar dit het nie die spelers van stryk gebring nie.
In die eerste wedstryd het die Pannekoeke net-net daarin geslaag om One Hit Wonders te wen met vyf doele teen vier.
Die tweede wedstryd was net so spannend, maar Thunder Birds kon daarin slaag om Berties te klop met vier doele teen drie.
Woensdagaand 14 Februarie sal Game Over teen One Hit Wonders te staan kom en die Pannekoeke sal dit uitspook teen Thunder Birds. Berties het 'n loslootjie.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’