STILBAAI NUUS - Die 20 spanne wat Saterdag 23 Mei op die pragtige bane van die Stilbaai-rolbalklub meegeding het, het vir heelwat opwinding en uitstekende rolbal gesorg.
Spanne van Stilbaai, Hartenbos, Riversdal, Groot-Brakrivier, Sedgefield, Plettenbergbaai, Mosselbaai en Witsand het aan die gewilde driemankompetisie deelgeneem.
Ná 'n dag van strawwe mededinging was dit Bok Greig, Hendrik Boshoff en Hansie Jordaan van Mosselbaai wat die wenlouere ingepalm het.
Die span van Hartenbos, bestaande uit Ewie Swanepoel, Johan Robbertse en Koos Croukamp, het die tweede plek behaal, terwyl Dawid Malan, Tim Hill en Barry Gerber van Sedgefield derde geëindig het.
Soos altyd het die vroue van die klub gesorg dat deelnemers en ondersteuners deur die dag van heerlike eet- en drinkgoed voorsien word. Dit het die manne die geleentheid gegee het om hul volle aandag aan die spel op die baan te wy.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’