RIVERSDAL ROLBALNUUS - Die eerste balle het begin rol in die Riversdal-rolbalklub se mans enkelkampioenskappe, wat op Donderdag- en Vrydagaande beslis word.
Charl Nortjé, woordvoerder vir die klub verduidelik dat die spel oor 18 koppe gespeel word.
Indien 'n speler voor die 18 koppe gespeel is 21 punte aangeteken het, is hy die wenner van daardie spel.
Die wenners van die eerste ronde beweeg aan na die tweede, asook die drie verloorders wat met die minste punte verloor het in die eerste ronde.
Indien die spelers wat in die vorige rondte verloor het, weer verloor val hul outomaties uit. Die spel gaan so voort tot daar net twee spelers oorbly, wat dan moet uitspeel om die klubkampioen vir 2021 te word.
Nortjé sê die eerste rondte is steeds in proses aangesien al die spelers nie hierdie week op die gekose dae van spel kon speel nie.
In die gewone weeklikse spel het Celvin Basson en Ashley Basson Saterdag, 30 Januarie met 'n punteverskil van 27 punte gewen.
Hennie Steyn en Frans Blaauw, was kort op die hakke van die Basson-broers met 'n punteverskil van 20 punte.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'