Hulle oorheers nie net op die sportveld nie, maar ook met die voorprogram se aktiwiteite wat Bybelvasvra, skaak, gholf en redenaars ingesluit het.
Al drie eerstespanne het die Swellendammers ore aangesit.
Die eerste netbalspan wen met 32-15, die hokkiespan met 2-0 en die eerste rugbyspan met 25-0.
Met die puntestelsel wat gebruik word om die wenner van die Interskole te bepaal (elke span wat wen, dra by tot die puntetotaal), oorheers die Dasse ook daar.
Hulle troef hul teenstanders met 84 teenoor 25, wat beteken dat die trofee vir die derde jaar in 'n ry veilig in die Das-trofeekas bly staan.
Die pragtige sjampanjenooi, Carmen van der Walt.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'