HESSEQUA NUUS - Thys Lourens (gr. 7) en Sebastien Bredell (gr. 4) het na afloop van die Wes-Kaap proewe op 3 Maart deurgedring na die SA kampioenskap vanaf 15 tot 17 Maart in die Paarl.
Lourens neem aan die 1 500 m-stap vir seuns o.13 deel en Bredell aan die seuns o.10-hoogspring.
Lourens het ook Eden-kleure vir toutrek ontvang nadat die 400 kg-span waarvan hy deel was, 'n eerste plek tydens die Eden-toutrekkampioenskap op Oudtshoorn gekry het.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'