STILBAAI ROLBALNUUS - Stilbaai-rolbalklub kon uiteindelik ná twee jaar weer die baie gewilde Classic Open-rolbaltoernooi aanbied.
Daar was 24 gemengde spanne van drie lede (trips) wat van 15 tot 16 Oktober deelgeneem het.
Annelie van Renen sê die weer het nie heeltemal saamgespeel nie, maar die gasvryheid van die plaaslike rolbalklub het vir die teleurstelling van die slegte weer vergoed.
Daar is heerlik geëet en saamgekuier van ontbyt, middag- tot aandete.
'Ons bring jou die nuutste Stilbaai, Hessequa nuus'