HEIDELBERG NUUS - Die Okinawan Goju Ryu-karateklub in Heidelberg het Saterdag 27 Augustus aan die Suid Afrikaanse kampioenskappe in Kuilsrivier deelgeneem en sommer skaflik vertoon.
Altesame 11 van die plaaslike studente het hul staal in verskeie afdelings getoon en met trots hul medaljes en diplomas verwerf.
Volgens sensei Almary Rossouw was die gehalte van die kampioenskap baie mededingend en het dit die beste uit sy karateka gebring.
"Die studente het baie dissipline en kundigheid tydens hul aan die dag gelê en ek en sensei Tienie Geldenhuys is baie trots op hulle prestasies," het Rossouw trots benadruk.
Verskeie kleurgordels is tydens die verrigtinge aan die studente oorhandig, waaronder, geel in die kata-afdeling, en groen, blou en bruin in die irri kumi-afdeling.
'Ons bring jou die nuutste Heidelberg, Hessequa nuus'