HESSEQUA SPORTNUUS - Die Okinawan Goju Ryu-karateklubs van Heidelberg en Swellendam se virtuele gradering het Saterdag, 21 Augustus plaasgevind.
Die verrigtinge is met hoë gehalte karatetegnieke voorafgegaan, wat tot die suksesvolle gradering gelei het.
Twee van sensei Almary Rossouw se studente, Marthinus Geldenhuys en Wessel Taljaard het hulle swart gordels verwerf.
Sensei Almary Rossouw (tweede van links) staam by Rondean van der Westhuizen, Suzette Julies en Nikki Stuart.
Sensei Almary Rossouw (middel) by die studente wat hul geel, oranje en groen gordels verwerf het.
Sensei Almary Rossouw (agter, middel) by studente van Heidelberg, Bonnievale en Swellendam.
Die groep het het vir hulle geel gordels gegradeer.
'Ons bring jou die nuutste Hessequa nuus'