Update
RIVERSDAL NUUS - Van die wêreld se vliegtuie dra ‘n swaarder gewig as gewoonlik, van hul passasiers spog met ‘n sak vol goue, silwer- en bronsmedaljes: Hoër Landbouskool Oakdale se wêreldkampioene!
Dié span het sy kampioenskapstatus herbevestig om die wêreldtitel die derde keer agtereenvolgens in die 560 kg-afdeling vir junior mans o. 19 op triomfantelike wyse in te palm.
Die Proteaspan was deel van sowat 1 500 klub-atlete van 25 lande wat van 5 tot 8 September aan die Internasionale Toutrekfederasie (Twif) se wêreldkampioenskappe in Mannheim, Duitsland, in verskillende gewigsafdelings deelgeneem het.
Die troutrekatlete het ook uitstekend in die ope-klubkampioenskapstryd gevaar. Die span het ‘n goue en silwermedalje in die 600 kg-gewigsafdeling vir mansatlete o. 23 en ‘n brons- en silwermedalje in die gewigsafdeling 560 kg vir mansatlete o. 19 verower.
Die veertien kampioene, die spanbestuurder Abrie de Wet, die biokinetikus Ivan Zyl en 'n groep ouer-ondersteuners se terugreis het 11 September om 22:10 op die Frankfurt-lughawe begin.
Hulle het in Oosterse tyd om 06:40 in Dubai geland en die vlug na Suid-Afrika om 09:10 gehaal. Hulle land vanmiddag 16:50 in Kaapstad.
Vorige artikels:
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’