RIVERSDAL NUUS - Na die afwesigheid van twee jaar het die jaarlikse Interskole kragmeting tussen die twee landbouskole, Oakdale van Riversdal en Boland, die afgelope naweek by Boland Landbouskool plaasgevind.
Die kragmeting het reeds Vrydagoggend op die Wellington-gholfbaan afgeskop tydens die 18-putjie gholfstryd.
Op die fietsbaan het die Bulle hulle ook goed van hul taak gekwyt.
Die Bulle se junior rugbyspanne het die grondslag vir die dag se sukses gelê met goeie oorwinnings. Uit die 17 wedstryde wat Saterdag gespeel is, het Oakdale ? totaal van 8 gewen.
Dit was egter die o.19A-span se oorwinning van 26 punte teenoor Boland se 17 wat die dag op ‘n hoogtepunt afgesluit het.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'