HESSEQUA WINTERSPORT NUUS - Die o.16 en o.18-hokkiespanne (seuns en dogters) het vanaf 20 tot 21 Julie, aan 'n driehoekige toernooi in Beaufort-Wes teen Punt en Sentraal deelgeneem.
Hokkietellings
- Dogters o.18A's teen Punt verloor 0-2,
- o.16A's 0-5 en
- o.16B's speel 1-1 gelykop.
- o.18A's teen Sentraal seëvier met 2-1,
- o.16A's moes die knie met 0-1 buig en
- o.16B's teen Sentraal se beginnerspan wen 7-0.
Die o.14A's het op 21 Julie, tuis teen 'n toerspan van Hendrik Louw kragte gemeet, en 0-0 gelykop gespeel.
Seuns o.16's teen Sentraal verloor 0-5.
o.19's speel 0-0 gelykop.
Die o.16's teen Punt speel 0-0 gelykop en die o.19's speel 1-1 gelykop.
Netbal
Die netbal het op 20 Julie tuis teen Hoërskool Punt kragte gemeet en die tellings lyk soos volg:
- o.14A verloor 16-23,
- o.14B's speel teen 'n gekombineerde o.14A- en B-span van Punt en moes die knie met 5-29 buig.
- o.15A's speel teen Punt se o.16B's en wen 18-14,
- o.15B's teen Punt se o.16C's seëvier met 21-19
- o.15C's teen Punt se o.16D's wen 8-3.
- o.16A's verloor 10-27,
- o.18C's verloor 7-22 en
- o.18B's wen 23-14.
Die eerste span moes die knie buig met 22-38. Die skool speel op 28 Julie tuis teen Hoërskool Bredasdorp.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'