RIVERSDAL SKOLE SPORT NUUS - Tiaan du Toit het op 20 Julie ses drieë vir die o.19C-span teen Hoër Landbouskool Marlow op Cradock gedruk. Hulle het uiteindelik die wedstryd met 43-3 gewen.
Veertien rugbyspanne en 12 gholfspelers het die naweek kragte teen Marlow gemeet.
Die Bulle, wat 1 200 km afgelê het, is nie aan hierdie koue omstandighede gewoond nie, maar het hul uit die staanspoor goed van hul taak gekwyt.
Die gholfspelers het die stokke in die koue geswaai en die wedstryd met 40 punte gewen.
Uitslae
o.19A: 18-7 (Oakdale); o.19B: 29-27 (Oakdale); o.19C: 43-3 (Oakdale); o.19D: 38-18 (Oakdale); o.16A: 627 (Oakdale); o.16B: 32-16 (Oakdale); o.16C: 21-0 (Oakdale); o.15A: 19-0 (Oakdale); o.15B teen Noupoort o.15A: 30-3 (Oakdale); o.15C teen o.15B: 7-15 (Marlow); o.15D teen o.15C: 25-10 (Oakdale); o.14A: 15-10 (Oakdale); o.14B: 31-5 (Oakdale) en o.14C: 54-0 (Oakdale).
Die laaste drie wedstryde van die seisoen sal gedurende die volgende drie weke by Oakdale plaasvind.
Die Bulle sal teen HS Framesby op 27 Julie en Grey College, Bloemfontein op 3 Augustus te staan kom, terwyl die Interskole kragmeting op Saterdag 10 Augustus teen Boland Landbou aan die beurt kom. Die Akkerfees sal vanjaar met die Interskole kragmeting saamval.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'