HEIDELBERG/SLANGRIVIER NUUS - Drie potspelspelers van Heidelberg en Slangrivier het onlangs by die Wes-Kaapse potspelproewe (blackball championships) in Parow deelgeneem en behoorlik stof in hul opponente se oë geskop.
Die trio, Zin-Zan Micheals van Slangrivier, en Hilton Saayman en Leonard van Niekerk, albei van Heidelberg, is uit die groep van 45 spelers vanoor die Wes-Kaap gekies om dié provinsie tydens die Suid-Afrikaanse potspelkampioenskap in Durban, KwaZulu-Natal, vanaf 17 tot 21 April te verteenwoordig.
Die drie spelers staar egter ‘n groot finansiële uitdaging in die gesig om hul drome - om die Wes-Kaap by die SA's te verteenwoordig - te verwesenlik en doen dus ‘n dringende beroep op enigiemand om hulle finansieel te ondersteun met enige bydrae, hoe gering ook al.
Dis om hulle te help met reis- en verblyfkoste, wat 'n aansienlike bedrag beloop.
Saayman kan by 064 502 3019 (telefonies) of by 065 728 7080 via WhatsApp gekontak word.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’