HESSEQUA SPORTNUUS - Die Hessequa-streek se duiwe is Saterdag, 10 Julie op Victoria-Wes losgelaat.
George Read van Heidelberg Posduifklub se duiwe het goed gevaar en het eerste plekke in die jaaroud, asook ope afdeling losgevlieg.
Vir Hessequa Posduifklub het Bennie Wiggins ‘n eerste plek in die jaaroud gekry en Trumps Lofts het dieselfde in die ope afdeling gedoen.
Havenga hokke van Riversdal Posduifklub en DNA Lofts se duiwe het ook eerste in onderskeidelik die jaaroud en ope afdelings ingeklok.
• Uitslae in hierdie week se Suid-Kaap Forum.
'Ons bring jou die nuutste Hessequa nuus'