HEIDELBERG NUUS - Na 'n taai stryd Saterdag 19 Augustus teen Albertinia Rangers, skuur Heidelberg se eerste span behoorlik na die eindstryd van die SWDRU Presidentsliga deur met hul oorwinning van 15-8.
Die rustydtelling in die halfeindstryd op hul tuisveld was 12-3. Die wedstryd was vanaf die afskop met mening deur beide spanne met klipharde en opwindende hardlooprugby gekenmerk.
Die tuisspan het in die 22ste minuut eerste punte aangeteken met ‘n drie in die linkerhoek deur die heelagter, Corbin Swartbooi. Hulle het hul voorsprong binne drie minute met ’n drie deur die senter, Fernholdt Buis vergroot. Dit is deur Swartbooi verdoel om met 12-0 voor te loop.
Rangers se enigste drie is in die 65ste minuut van die wedstryd aangeteken toe Tarentaal in die hoek gaan druk het.
In die wedstryd tussen die tweede spanne het Heidelberg redelik gemaklik met
32-11 geseëvier, nadat hulle met 17-5 rustyd voorgeloop het.
In die eerste twee wedstryde van die dag tussen die o.15- en o.19-spanne van Kairos en Gerrit du Plessis Senior Sekondêre skole, het die besoekers met onderskeidelik 22-20 en 15-8 gewen.
Die eerste span spelers van Heidelberg saam met hul afrigters, bestuurslede en borge, wat na die eindstryd op Outeniqua Park deurgedring het.
ARTIKEL & FOTO'S: CLIVE PRETORIUS, KORRESPONDENT
'Ons bring jou die nuutste Hessequa nuus'