RIVERSDAL NUUS - Hoërskool Langenhoven se gimnaste het op 12 Augustus aan die Eden- en Wynland-distrikskompetisie, wat ook as Wes-Kaapse proewe dien vir ritmiese gimnastiek deelgeneem.
Stephani Heenop en Nadia Enslin het op vlak 10 deelgeneem en beide het goud behaal. Janke Heenop en Andria Wessels het op vlak 9 deelgeneem en het elk 'n goue medalje verwerf.
Al vier het in die o.15-ouderdomsgroep deelgeneem en hul Eden-kleure verwerf.
Hulle sal volgende jaar aan die Wes-Kaapse kampioenskap deelneem om hul WP-kleure te verwerf.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'