EDEN-DISTRIK NUUS - Eden-sportraad loop breëbors rond na vanjaar se Wes-Kaap-sporttoekennings wat Saterdagaand 25 Augustus op Ou Mutual Park in Pinelands deur die Wes-Kaapse departement van kultuursake en sport aangebied is.
Van die 23 kategorieë wat vereer is, het die sportpersone en -spanne van die distrik met sewe van dié toekennings weggestap.
Finaliste uit al ses distrikte word gesif vir toekennings.
- Hoër Landbouskool Oakdale se 560 kg-toutrekspan het 'n toekenning vir Wes-Kaap-skolespan ontvang.
- Jacquine Strydom van Eden-skopboks is vanjaar se Wes-Kaap-skole sportvrou en Antonio Farmer van Atletiek SWD is skole sportman.
- Elma Davis, Eden-rolbal, is aangewys as die Wes-Kaap-sportvrou van die jaar. Net om te wys rolbal is 'n gesinsaak, is haar eggenoot, Trevor, as die Wes-Kaapse administrateur bekroon.
- Claudio Miller van Eden-lewensredding kry die toekenning vir Wes-Kaap-afrigter en Deidre Cloete Wes-Kaap-sportfotograaf.
Anroux Marais, Wes-Kaapse minister van kultuursake en sport, was die gasvrou.
Van die Eden-finaliste en wenners. Foto verskaf.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'