RIVERSDAL NUUS - Riversdal se eerste DROOM-mylbyeenkoms word op Saterdag 1 April aangebied.
Naellopers, stappers, drawwers en fietsryers is almal welkom om aan die DROOM-beenkoms deel te neem. Net so kan jy die myl in 'n rolstoel of loopraam aanpak. Kwadrupleë sowel as ernstige atlete is ook welkom.
Niks verhoed skole om mekaar uit te daag en te kyk hoeveel van hul leerders kan deelneem en te wys watter skool spog met die beste langasems nie. Dit geld nie net vir hoërskole nie, maar laerskole is ook welkom.
Die DROOM-myl begin om 09:00 in Barrystraat en kos R20 per deelnemer.
Inskrywings kan van 08:00 af op die dag van die wedloop gedoen word. Kyk ook op Facebook, DROOM Tehuise/Old Age Homes, of gebruik die QR-kode.
Foto's: Hugo Redelinghuys
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'