ALBERTINIA NUUS - Die tweede ronde van Hessequa-potspel toernooi het Sondag 15 Julie op Albertinia begin.
Game On en Rising Stars, albei van dié dorp het mekaar die stryd aangesê. Wedstryde is in goeie gees gespeel en aan die einde was dit die jong spelers van Game On wat die wedstryd gemaklik met 25-11 gewen het.
Hul C-span het die grondslag met 8-4 gelê. Daarna het die B-span hulle stempel met 10-2 afgedruk. Game On slaag ook met 'n bonuspunt.
'Ons bring jou die nuutste Albertinia, Hessequa nuus'