STILBAAI NUUS - Drie spelers van die plaaslike rolbalklub het Eden-kleure ontvang.
Piet Robbertse, Mariana van der Walt en Johan Snyman is vir die Eden-seniorspan gekies en gaan Eden-distrik in die interdistrikte kompetisie verteenwoordig.
Dit vind van 11 tot 15 Maart in Johannesburg plaas.
Robbertse het 'n bronsmedalje in die SA veterane-meesterskompetisie verower, asook in die Eden-mansenkelkompetisie.
Piet en Magda Robbertse is die Stilbaai-enkelskampioene van dié klub.
Eden se rolbaldistrik strek van Plettenbergbaai in die ooste, Heidelberg in die weste en Beaufort-Wes in die noorde. Twintig rolbal-klubs bestaan in die distrik.
'Ons bring jou die nuutste Stilbaai, Hessequa nuus'