Die vereniging wat uit vier klubs bestaan het, het nog 'n klub, De Hoek van Slangrivier bygekry.
Die ander klubs is Klipdrifhoogte van Riversdal, Nietverloren van Albertinia, Super Sterre van Heidelberg en Western Flyers van Slangrivier.
Volgens Vaatjie Adams, onder-voorsitter, versoek hulle nog klubs om by die vereniging aan te sluit om sodoende die sport veral onder die jeug te bevorder.
Hy noem verder dat dit vir hulle as unie bemoedigend is om jeugdiges tot die spel te verwelkom, aangesien dié sektor baie vatbaar is om hulle tot drank en dwelmsmisbruik te wend.
Adams is veral in sy noppies met hul jongste speler, Handré Hartnick (8) van die Western Flyers klub wat verlede jaar die unie se Speler van die Jaar was. "Ons benodig nog meer van Handré se kaliber," het hy benadruk.

Die nuwe toevoeging tot die Hessequa Domino Vereniging, De Hoek Dominoklub van Slangrivier is 'n welkome aanwins. Agter van links staan Wayne Claassen, Deon Hopp en Roderick Michaels. Voor sit Brian Abrahams en Paul Abrahams (kaptein).