HEIDELBERG NUUS - Dolphins en Old Farts wat nog onoorwonne in die Heidelberg rolbal-kriekettoernooi, het Donderdagaand, 4 November hierdie status verloor toe hulle onderskeidelik deur Rockers en Proteas geklop is.
Die derde en vierde rondes is verlede week voltooi om op te maak vir die derde ronde wat nie die vorige week gespeel kon word nie as gevolg van ongure weer.
Die vyfde rondte word Donderdag, 11 November gespeel.
'Ons bring jou die nuutste Heidelberg, Hessequa nuus'