STILBAAI SPORTNUUS - Stilbaai-rolbalklub is weer aan die rol. Volgens Annelie van Renen sien hulle besonder daarna uit om weer die drade op te tel.
"Ons pas al die voorsorgmaatreëls streng toe, maar wil darem ons borge bewus maak dat ons nog bestaan!"
Die klub kon die groot finansiële terugslae van die pandemie met die hulp van hul lojale lede oorleef.
Sy sê hulle is groot dank aan die bestuur van Bowls South Africa vir hul werk om rolbal terug op die perke te kry, verskuldig.
Opgewonde lede van Stilbaai-rolbalklub.
'Ons bring jou die nuutste Stilbaai, Hessequa nuus'