21 van Langenhoven se SWD-netbalspelers het Saterdag, 20 Mei aan die proewe deelgeneem.
Die volgende leerders is gekies in hul onderskeie ouderdomsgroepe: O.14 - Elzé van Tonder (Wes-Kaap Ceders) en Jamie Alman (Wes-Kaap Oaks); o.15 - Sharika Geldenhuys (Wes-Kaap Willows); o.16 - Janneke Schnetler (Wes-Kaap Willows) en Magdel van Zyl (Wes-Kaap Ceders); o.17 - Renél Kleynhans (Wes-Kaap Ceders); o.18 - Lefébre Rademan (Wes-Kaap Ceders) en Marché-Lee Prins (Wes-Kaap Oaks).
Hulle gaan vanaf 30 Junie tot 4 Julie aan die All Ages SA Toernooi in Margate, Kwazulu-Natal deelneem.
Al die ouderdomsgroepe is uit drie provinsies gekies, naamlik die SWD, Boland en WP en juis daarom is dit voorwaar 'n puik prestasie dat Langenhoven agt spelers in die Wes-Kaap-spanne kan hê," sê Estea Venter, openbare betrekkinge beampte van die skool.
Voor van links is Magdel van Zyl, Elzé van Tonder en Janneke Schnetler. Agter staan Sharika Geldenhuys, Lefébre Rademan, Renél Kleynhans, Marché-Lee Prins en Jamie Alman.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'