RIVERSDAL Riversdal-rolbalklub se gewilde sosiale liga word op vlak 1 van inperking weer hervat.
Die liga het 'n aanvang voor inperking geneem, maar is deur die Covid-19 pandemie tot halt geroep. Dit sal op Donderdag, 1 Oktober weer hervat.
Louw Bester, klubsekretaris verduidelik dat daar nog ses tot sewe rondes gespeel moet word, waarna die kwart- en halfeindstryde sal volg om te bepaal wie in die eindstryd speel.
Spel sal elke Donderdagaand om 18:00 plaasvind.
"Die sosiale liga sal tot 96 spelers op die twee bane in aksie sien. Covid-19 rolbalregulasies sal streng toegepas word," het Bester gesê. Spelers wat nog 'n moontlike plek in bestaande spanne waar spelers onttrek het soek, kan Bester kontak (082 832 0001). Vir adverteerders wat plek soek om hul dienste te bemark, is daar ook nog vensterspasie beskikbaar.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'