HESSEQUA NUUS - Die plaaslike dominoklubs het weereens bewys dat hulle goed rekenskap van hulself kan gee.
Hessequa loop na halftyd agter met 134-151 in Boland se guns. Nadat die ondervoorsitter, Jan Harnick, hard met die spelers gepraat het, kom hul met mening terug en wen die wedstryd met 384-326. "Hierdie wedstryd was een van die moeilikste wat ek nog teëgekom het," het Harnick gesê.
Die spelers van die wedstryd is Koos Saayman, Hanka Carelse, Fred Carelse, Jacob Saayman, Sheila Adams, Boetie Harnick, Carmen Sebybo, Eric Sebybo, Pay Prins en Ammy Abrahams.
"Ons wil net ons dank uitspreek aan Hessequa-munisipaliteit wat dit die vervoer na Robertson vir ons moontlik gemaak het."
In 'n wedstryd tussen Klipdrifhoogte van Riversdal en Albertinia Griekwas op Heidelberg tree die span van Riversdal as wenners uit met 44-36 in hul guns.
Die spelers van die wedstryd is Joseph (Grootbek) Manho en Freek (Vaatjie) Adams.
'Ons bring jou die nuutste Hessequa nuus'