HESSEQUA SPORTNUUS - Die Black Balls-potspelklub het op 29 Augustus hulle wedstryd teen Haarlem 21-15 in Heidelberg gewen.
Terwyl Down Town hard probeer het om hulle wedstryd teen Play Boys in Riversdal te wen, was dit nie die besoekers van Albertinia beskore om die een in die sak te sit nie. Down Town het die wedstryd 17-19 verloor.
In 'n ander wedstryd moes Adidas teen V-DuB speel, maar nie opgedaag vir hulle wedstryd nie.
Sondag 5 September moes Black Balls teen die Slangrivierders kragte meet, maar Slangrivier het ook nie opgedaag nie.
V-DuB het hulle wedstryd teen Lengend Killers 19-17 verloor.
Black Balls-potspelklub. Foto: Heinrich Fortuin
'Ons bring jou die nuutste Hessequa nuus'