Video
HESSEQUA NUUS EN VIDEO - Rian Brandt, wat 'n maandlange fietstoer onderneem het ter bewusmaking vir die doelwitte van CapeXit, 'n A-politiese organisasie wat die onafhanklikheid van die Wes-Kaap bepleit, het Donderdag 4 Februarie in Albertinia aangekom.
Brandt, 'n Danabaaier, het op 1 Februarie in Plettenbergbaai weggespring en beplan om op 22 Februarie op Lambertsbaai te eindig, waartydens hy 19 dorpe oor 1 000 km sal besoek.
Sy vrou Anél en seun Leroux vergesel hom as ondersteuningspan.
Volgens Brandt is CapeXit 'n onafhanklike organisasie met geen politieke verbintenis met enige politieke party, hulle is nie-rassig, asook nie geloofsverbind nie. Hy noem ook dat hulle 'n referendum vereis om mense se gevoel te toets vir die onafhanklikheid vir die Wes-Kaap. "CapeXit het al meer as 700 000 mandate wat opgeteken is. Dit is binne die afgelope twee jaar, plus sedert ons stigting bereik.
Ten slotte het Brandt genoem dat die ideaal van 'n reënboognasie skeefgeloop het. "Indien dit sou realiseer, sou dit nie nodig wees om vandag hier op Heidelberg te sit nie. Dan sou onafhanklikheid nie nodig gewees het nie."
Mariska Visagie en Clive Pretorius, korrespondente vir Suid-Kaap Forum het onderskeidelik met hom gesels.
Kyk 'n video hieronder.
Rian Brandt op Heidelberg. Foto: Clive Pretorius regs: Rian Brandt kom op Albertinia aan as deel van 'n CapeXit-fietstoer. Foto: Mariska Visagie
'Ons bring jou die nuutste Hessequa nuus'