STILBAAI NUUS - Na ses strawwe weke het Stilbaai-rolbalklub hulle besigheidsliga rolbal kampioene Donderdagaand, 26 Maart, gekroon.
Ses spanne het teen die laaste aand kop aan kop gelê en enigeen kon as oorwinnaars uit die stryd tree.
Deck and Build was egter kookwater en is as die kampioene gekroon. Hulle het 'n geskenkbewys van Hulle by die See losgeslaan.
In die tweede plek was dit die Buffels wat 'n geskenkbewys van South Easter gekry het.
Lawn Rangers het derde klaargemaak en 'n geskenkbewys van Coffee and Cream ontvang.
Die span met die beste drag was die Pilots, maar hulle het ongelukkig laaste klaargemaak en is gestraf met die houtlepel.
Die Smarties was die span met die beste gees.
Die klub het ook 'n veiling as fondsinsameling gehou en die plaaslike prokureur, Johan Cronjé, was 'n uitstekende afslaer.
Die toernooi is afgesluit met 'n heerlike braai en die spanne het lekker saamgekuier.
Die volgende besigheidsligatoernooi is in Oktober en 'n hele paar spanne het alreeds ingeskryf.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’