RIVERSDAL NUUS - Klipdrifhoogte-dominoklub-1 en -2 het twee spanne van Albertninia onlangs bloedneus huis toe gestuur.
Nietverloren en Griekwas van Albertinia het albei hul wedstryde verloor.
In die eerste wedstryd wen Klipdrifhoogte-1 vir Nietverloren met 51-27. Die spelers van die wedstryd is Matewis Hendricks en Freek Vaatjie.
In die ander wedstryd wen Klipdrifhoogte-2 die Griekwas met 45-32. Die spelers van die wedstryd is Errol Longwe en Piet Witbooi.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'