HESSEQUA SPORTNUUS - Die potspelspelers van Black Balls op Albertinia het Sondag, 15 Oktober in 'n tuiswedstryd teen United Kings van Slangrivier met 29-7 gewen.
Die jong span van Vdub het met 17-19 teen Powerballs op Melkhoutsfontein die onderspit gedelf.
In 'n wedstryd Sondag, 10 Oktober het Black Balls kragte teen Dc in Heidelberg gemeet en gelykop gespeel met 18-18.
Albei spanne moes hul beste speler kies om in 'n uitspeelronde te skiet. Juandré Daries het die uitspeel ronde gemaklik gewen en is as speler van die wedstryd aangewys.
Black Balls se C-span het met 5-7 verloor en die B-span het 7-5 gewen. Die A-span het 6-6 gelykop gespeel. Vdub moes Sondag, 19 September alles uithaal om hulle tuiswedstryd teen Playboys van Riversdal te wen. Peter-John Joseph en Heinrich Swarts van die tuisspan het die beste gevaar en die span wen eindelik met 19-17.
In nog 'n wedstryd was dit die plaaslike span Down Town wat naam teen Shootings Stars gemaak het. Hulle verower die besoekers met 'n goeie telling van 22-14.
Die C-span wen met 8-4, terwyl die B- en A-spanne hul opponente albei met 'n telling van 7-5 verslaan.Die bestuur en kaptein is baie trots op hulle spelers.
'Ons bring jou die nuutste Hessequa nuus'