Die uitvoerende burgemeester van Hessequa, raadslid Emor Nel het die wegspringklokkie gelui waarna die ongeveer 100 fietsryers, in spanne van twee, die 338km van die ekspedisie aangepak het.
Die ekspedisie strek vanaf Stilbaai tot by Beloftebos naby Stanford en bestaan uit vier skofte:
- Die eerste skof strek oor 109 km en eindig by Nona Rosa Boskamp naby Slangrivier.
- Die tweede skof strek oor 74 km en eindig by Potberg in die De Hoop natuurreservaat.
- Die derde skof strek oor 130 km en eindig by die Strandveld wynkelder naby Elim.
- Die vierde skof strek oor 75 km en eindig by Beloftebos naby Stanford.