RIVERSDAL GHOLFNUUS - Samuel Vermaak is die Riversdal-gholfklub se nuwe klubkampioen.
Die kampioenskap het op Donderdag, 24 September plaasgevind.
Vermaak het met 146 houe gewen. Garnet Damans, die vorige klubkampioen, moes die knie buig en het die tweede plek met 154 houe ingeneem. Albert Vermaak was derde met 157 houe.
Lizel van Dyk (185 houe) het haar plek as die nuwe dameskampioen losgeslaan.
Lees meer oor die gholfuitslae aanlyn en in Suid-Kaap Forum.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'