RIVERSDAL GHOLFNUUS - Samuel Vermaak is Riversdal-gholfklub se nuwe klubkampioen. Die kampioenskap het Donderdag, 24 September plaasgevind.
Vermaak het met 146 houe gewen. Die vorige klubkampioen, Garnet Damans moes die knie voor Vermaak buig en het die tweede plek met 154 houe ingeneem. Albert Vermaak was derde met 157 houe.
Lizel van Dyk (185 houe) het haar plek as die nuwe dameskampioen losgeslaan.
In die B-afdeling het die Appolis broers, Elvern en Rayvern vir groot opwinding gesorg toe hulle albei met 146 houe klaargemaak het en die trofee moes deel. Colin Sharwood se 151 houe het hom die tweede plek besorg.
Jannie Goosen het die C-afdeling met 143 houe gewen en is as die seniorskampioen aangewys. Ulrich van Dyk (155 houe) was tweede en Gawie von Molendorff (156 houe) derde.
Saterdag, 26 September het Colin Sharwood die individuele stableford gholfdag gewen. Kort op sy hakke was Riaan Kasselman (34 punte), Grové Koch (31 punte) en Jaco Swanepoel (31 punte).
Hugo van Dyk (35 punte) het Saterdag, 3 Oktober die stableford gholfdag gewen, met Jannie Goosen (34 punte) tweede en Ryno Stander (33 punte) derde.
Vrydag, 9 Oktober het Albert Vermaak met 71 houe die Race to Wembley-medalje gewen. Marks Stander (72 houe) was tweede. Colin Sharwood en Anton le Roux was op 'n 74 houe uittel derde en vierde.
Jannie Goosen (regs) is die nuwe seniorskampioen.
Lizel van Dyk is die nuwe dameskampioen.
Die Appolis broers, Elvern en Rayvern het gelyk bo-aan die B-afdeling klaargemaak.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'