HESSEQUA NUUS - Die Suid-Kaap Sages se maandelikse byeenkoms het in stormwind op 21 Mei op Mosselbaai plaasgevind.
Die dag is deur 54 spelers bygewoon wat die wind en formaat moes trotseer. Die formaat was 'n 'multiplier'-kompetisie, wat beteken dat twee spanmaats se tellings vermenigvuldig word om 'n totaal vir die spesifieke gat te bepaal.
Wenners van die dag was twee van die drie oudste lede van Sages, wat die jonger manne gewys het hoe daar onder moeilike omstandighede gholf gespeel moet word.
George Sadowsky en Dawid Venter het die kompetisie gewen en 61 punte aangeteken, gevolg deur Buks Reynders en Willie Terblanche met 56 punte. Davey Roberts en Denzil Geldenhuys was derde met 54 punte.
Die volgende kompetisie vind op 19 Junie op Stilbaai plaas.
Sages bedank die organiseerder, Chris Barnard, sowel as Mosselbaai-gholfklub vir 'n aangename dag op 'n mooi baan.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'