Update
STILBAAI NUUS - Die vrees vir nat word het die organiseerders van die Suid-Kaap Sages laat besluit om die beplande spel op Stilbaai vir Dinsdag 27 November na Donderdag 29 November uit te stel.
Niemand het egter die spelers voorberei op die gure suidoostewind wat toe die Donderdag gewaai het nie. Maar dit moet baie slegte weer wees wat gholfspelers sal weghou.
40 Spelers het vir die uitdaging opgedaag.
Die Bertus Louw-trofee word elke jaar aan die Suid-Kaap Sages-speler oorhandig wat op die laaste byeenkoms van die jaar die beste in die IPS-kompetisie vaar. Vanjaar is die trofee aan Thys Cronjé van Stilbaai oorhandig, wat ongeag die tierende wind 'n ronde van 36 aangeteken het. As 'n mens kyk na die beskeie tellings van die res van die spelers, besef jy net hoe goed hy moes gespeel en hoe moeilik die ander die weersomstandighede moes beleef het.
Wenners op Stilbaai: Agter, van links: Bill Hart en Thys Cronjé. Voor: Grové Koch (voorsitter), Walter Diedericks en Fanie Wessels.
Uitslae
- Thys Cronjé (Stilbaai) 36;
- Bill Hart (Stilbaai) 33;
- Walter Diedericks (Riversdal) 33;
- Fanie Wessels (Boggomsbaai) 32;
- John Brink (Stilbaai) 30;
- Gary Ristow (Stilbaai) 30.
Naaste aan die penne is deur Gary Ristow op 2/11 en Walter Diedericks op 8/17 gewen. Sages bedank JC Slagtery wat, soos altyd deur die jaar, die naaste aan die penne borg.
Lees 'n vorige artikel: Sages sluit op Stilbaai af
'Ons bring jou die nuutste Stilbaai, Hessequa nuus'