STILBAAI GOLF NUUS - Die organiseerders van die Suid-Kaap Sages het besluit om die beplande spel op Stilbaai vir Dinsdag 27 November na Donderdag 29 November uit te stel omdat reën vir dié dag voorspel was.
Niemand het egter die spelers voorberei op die gure suidoostewind wat toe die Donderdag waai nie. Maar dit moet baie slegte weer wees wat gholfspelers sal weghou.
Die Bertus Louw-trofee word elke jaar aan die Suid-Kaap Sagesspeler oorhandig wat op die laaste byeenkoms van die jaar die beste in die IPS-kompetisie vaar.
Vanjaar is die trofee aan Thys Cronjé van Stilbaai oorhandig, wat ongeag die tierende wind ’n rondte van 36 aangeteken het.
Sages bedank JC Slagtery wat, soos altyd deur die jaar, die naaste aan die penne borg.
• Lees meer in Suid-Kaap Forum, asook aanlyn.
"Ons bring jou die nuutste Stilbaai, Hessequa nuus."