Gallery
RIVERSDAL NUUS - Die jaarlikse Riversdal Classic-gholftoernooi, 'n vierbal-samespelkompetisie (twee beste tellings tel) oor 18 putjies het weer 'n groot gros van die beste klubspelers uit Hessequa gelok.
Die dag is gekenmerk deur goeie spel, interessante taalgebruik en talle kwinkslae wat oral opgeklink en die goeie gees onder die spelers verder aangevuur het.
Die aanhaling van die dag het waarskynlik baie spelers se spel goed opgesom en is deur die Riversdal-klubkaptein, Frans Myburgh, kwytgeraak: "Dis 'n baie lekker dag, maar ek is maar d....ners bly ek is nie van gholf afhanklik vir 'n bestaan nie."
Die topvier uitslae is as volg:
Wenners (95 punte)
Pieter May, Charlton Sambo, Ronald Rossouw en Granwill Daries.
2. (94 punte)
George Cronjé, Danie Geldenhuys, Albertus Swart en Wikus Lourens.
3. (90 punte)
Marco Olivier, Mark Stander, Ryno Stander en Anton le Roux.
4. (88 punte)
Louis Vermaak, Pieter du Plessis, Christi Olivier en Jean-Prieur du Plessis.
FOTOGALERY: Riversdal Classic-gholftoernooi
Die wenners van die Riversdal Classic vier vroegtydig hul oorwinning op die vierde putjie. Van links: Ronald Rossouw, Pieter May, Granville Daries en Charlton Sambo. Foto's: Hugo Redelinghuys
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'